Hallo Samuel
Dit klink asof jy dalk soek na die spoorsinstellings. Ek is met vakansie en het nie 'n rekenaar hier nie, so my instruksies gaan waarskynlik 'n paar gate h¨º, maar ek hoop nietemin dit sal help. As jy by Tracking gaan kyk en die Advanced Tracking-opsies oopmaak, is daar heel bo aan die venstertjie wat oopmaak verstellings wat die kleur van jou spoorveranderinge bepaal. Kies die een wat iets s¨º soos Show Contributors in Different Colours. Jy kan nie kies watter kleur jy wil wees nie, maar elke bydraer se spoorveranderinge word outomaties in 'n ander kleur gegee. As die vorige bydraers egter die persoonlike inligting uit die l¨ºer gevee het, sal ek nie verbaas wees as Word daarom nie tussen bydraers kan onderskei nie en dan almal se spore dieselfde kleur maak nie.
Hoop jy kry die instelling
Groete
Monica