¿ªÔÆÌåÓý

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 Groups.io

Re: Nuwe woord!


 

¿ªÔÆÌåÓý

Sjoe, dit laat my dink aan ¡¯n blinde vriend van my: hy is 35 en sy ¡°visie¡± van die w¨ºreld hang baie af van daai soort innovasies. Sommige robots hier in Belgi? het ratels (soos hy dit noem) om aan te gee dat ¡¯n slegsiende kan oorsteek, maar hulle werk net van 7:00 tot 22:00. Dis dus ¡¯n soort uitgaansverbod vir blinde mense. Nou het die outjie ¡¯n app op sy iPhone wat hy boontoe rig en vir hom kan s¨º of die lig groen is want dis veiliger as om net op gehoor oor te steek.

On 3 Jun 2022, at 11:06, Tony Moen <transed@...> wrote:

Goeie vraag!
?
Aan die een kant word referate dikwels getitel om aandag te trek en die leser aan te spoor om die artikel te lees en uit te vind.
Dis ook ¡¯n kernbeginsel van joernalistiek.
Maar dis wel duidelik dat die betrokke referaat verwys na ¡°smartphone¡±, wat ¡¯n produk is wat bloot meer kan doen as die fone van die vorige generasie. Ek stem dus saam dat dit prakties gaan om ¡°produkte [wat] al meer elektroniese verwerkingseenhede en skyfies in het¡± en bes moontlik? ook ¡°in staat [sal wees] om met gebruikers te kommunikeer¡±.
?
Voorbeeld: Ek kyk in die gereedskapwinkels altyd na wie wat teen watter prys bemark ¨C veral houtwerkgereedskap. En daar sien ek anderdag ¡¯n skuurmasijentjie van Festo wat jou ¡¯n sms stuur as jy nie die stofsak gemonteer het nie¡­. ?En dan is daar apparaatjies wat jou by die see in kennis stel as iemand die hek van jou Bosveldplasie probeer oopmaak, die potjie in die oond gaar is, jou yskas oop staan of die wasmasjien klaar is.
En wat jou laat weet as jou motor klaar gediens is.?
Maar dit nie vanself by jou aflewer nie, want daar is grense aan hierdie soort innovasie: die katoetertjies kan wel bevele uitvoer, maar wat besluitneming betref slaag hulle selde, soos die ontwikkeling van selfbesturende motors getoon het.
?
Maar daar is seker al mense wat hieraan werk.?
?
?
From:?[email protected]?<[email protected]>?On Behalf Of?Chavoux Luyt
Sent:?Friday, 03 June 2022 09:24
To:?[email protected]
Subject:?Re: [ZaLang] Nuwe woord!
?
Hallo Tony

Ek dink dit sal afhang van wat presies hulle bedoel. Is dit die vervaardigingsproses wat verslim (meer elektronies of programmaties beheer word) of die produkte wat verslim? En wat bedoel hulle met laasgenoemde? Die "internet van dinge" en dat die produkte al meer elektroniese verwerkingseenhede en skyfies in het, of dat produkte in staat is om met gebruikers te kommunikeer (m.a.w. toeps ens. kan loop of geprogrammeer kan word)?

smartify = verslim ?

smartification = verslimming ??


Join [email protected] to automatically receive all group messages.