开云体育

ctrl + shift + ? for shortcuts
© 2025 开云体育

'Paper diary' > 'papierdagboek?? 'gedrukte dagboek'

Hallo almal,
Weet iemand of daar 'n 'juiste' (Viz. LW Hiemstra :-) AF woord is vir 'n dagboek wat nie elektronies is nie.
Ek kry 'papierdagboek' en 'gedrukte dagboek' (lg. is my voorkeur).
Wat sê die joernaliste ??
Ek hoor graag
Ann Hiemstra

Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
?????? Deo Gloria!

开云体育

Hallo Ann, ek verkies ook “gedrukte dagboek”.

___________________________________________________________________

Leona Labuschagne, Translator???? |???? 083 302 2632??? |???? SA??? GMT +2

?

?

?

From: [email protected] On Behalf Of Ann Hiemstra
Sent: Wednesday, 24 August 2022 11:42
To: [email protected]
Subject: [zalangmed] 'Paper diary' > 'papierdagboek?? 'gedrukte dagboek'

?

Hallo almal,

Weet iemand of daar 'n 'juiste' (Viz. LW Hiemstra :-) AF woord is vir 'n dagboek wat nie elektronies is nie.

Ek kry 'papierdagboek' en 'gedrukte dagboek' (lg. is my voorkeur).

Wat sê die joernaliste ??

Ek hoor graag

Ann Hiemstra

?

Stilbaai

Suid-Afrika/South Africa

BST + 1

Tel: +27287543304

Sel/Mobile: +27825794235

?????? Deo Gloria!

On 24/08/2022 11:41, Ann Hiemstra wrote:

Weet iemand of daar 'n 'juiste' (/Viz. LW Hiemstra/ :-) AF woord is vir 'n dagboek wat nie elektronies is nie.
Ek kry 'papierdagboek' en 'gedrukte dagboek' (lg. is my voorkeur).
Wat sê die joernaliste ??
Ek is nie 'n joernalis nie maar ek verkies papierdagboek, as dit die tipe dokument is wat tydens 'n kliniese studie ingevul word.

Vir 'n dagboek waarin jy al jou afsprake, verjaarsdae, inkopielyste, ens. skryf, sou ek "gedrukte dagboek" gebruik as jy dit wil duidelik maak dat dit nie op die persoon se foon of rekenaar is nie.

Samuel

Mmm, Samuel dit maak sin.
___________________________________________________________________
Leona Labuschagne, Translator | 083 302 2632 | SA GMT +2

-----Original Message-----
From: [email protected] On Behalf Of Samuel Murray
Sent: Wednesday, 24 August 2022 15:51
To: [email protected]
Subject: Re: [zalangmed] 'Paper diary' > 'papierdagboek?? 'gedrukte dagboek'

On 24/08/2022 11:41, Ann Hiemstra wrote:

Weet iemand of daar 'n 'juiste' (/Viz. LW Hiemstra/ :-) AF woord is
vir 'n dagboek wat nie elektronies is nie.
Ek kry 'papierdagboek' en 'gedrukte dagboek' (lg. is my voorkeur).
Wat sê die joernaliste ??
Ek is nie 'n joernalis nie maar ek verkies papierdagboek, as dit die tipe dokument is wat tydens 'n kliniese studie ingevul word.

Vir 'n dagboek waarin jy al jou afsprake, verjaarsdae, inkopielyste, ens. skryf, sou ek "gedrukte dagboek" gebruik as jy dit wil duidelik maak dat dit nie op die persoon se foon of rekenaar is nie.

Samuel

On 24/08/2022 11:41, Ann Hiemstra wrote:

Weet iemand of daar 'n 'juiste' (/Viz. LW Hiemstra/ :-) AF woord is vir 'n dagboek wat nie elektronies is nie.
Ek het gou gaan google om 'n vermoede te bevestig.

Die Amerikaners gebruik die woord "diary" meer vir 'n boek waarin jy skryf wat gebeur HET, terwyl die Britte (en die Engelse onder ons) die woord "diary" meer gebruik vir dinge wat GAAN gebeur.

Die farma-tekste wat ons vertaal gebruik die Amerikaanse woord. Die "dagboeke" wat deelnemers moet invul, is nie 'n lys afsprake nie maar 'n ding waarin hulle moet aanteken wat met hulle gebeur HET of wat hulle gedoen HET. Vir die Britse "diary" gebruik die Amerikaanse tekste woorde soos "schedule" of "calendar".

Sover ek weet kan die Afrikaanse woord "dagboek" albei beteken: 'n rooster of skedule van dit wat nog kom óf 'n joernaal waarin jy jou wel en we? aanteken.

(In Afrikaans het ons ook die woord "joernaal", maar ek weet nie hoe algemeen die woord bekend is nie. "Dagjoernaal" sou dan ook inderdaad baie mooi gewees het, maar die perd is al lankal uit die kamp.)

Samuel

Goeie more Zalangers
Dankie vir julle kommentaar, Leona en Samuel.
Ja, ons verstaan dat 'dagboek' in hierdie konteks eintlik 'n 'logboek' (ek het al in brontekste? gekry) is waarin daar boek gehou word van die (siekte)gebeure in die lewe van die studiedeelnemer.??
Ek dink nie ons sal die skip gedraai kry om 'logboek' 'n vastrapplek te laat kry waar die bron 'diary'? sê nie.
Ek verkies steeds 'gedrukte dagboek' waar daar onderskei moet word van een op 'n elektroniese toestel. ?
Groetnis

On Thu, 25 Aug 2022, 08:42 Samuel Murray, <samuelmurray@...> wrote:
On 24/08/2022 11:41, Ann Hiemstra wrote:

> Weet iemand of daar 'n 'juiste' (/Viz. LW Hiemstra/ :-) AF woord is vir
> 'n dagboek wat nie elektronies is nie.

Ek het gou gaan google om 'n vermoede te bevestig.

Die Amerikaners gebruik die woord "diary" meer vir 'n boek waarin jy
skryf wat gebeur HET, terwyl die Britte (en die Engelse onder ons) die
woord "diary" meer gebruik vir dinge wat GAAN gebeur.

Die farma-tekste wat ons vertaal gebruik die Amerikaanse woord. Die
"dagboeke" wat deelnemers moet invul, is nie 'n lys afsprake nie maar 'n
ding waarin hulle moet aanteken wat met hulle gebeur HET of wat hulle
gedoen HET.? Vir die Britse "diary" gebruik die Amerikaanse tekste
woorde soos "schedule" of "calendar".

Sover ek weet kan die Afrikaanse woord "dagboek" albei beteken: 'n
rooster of skedule van dit wat nog kom óf 'n joernaal waarin jy jou wel
en we? aanteken.

(In Afrikaans het ons ook die woord "joernaal", maar ek weet nie hoe
algemeen die woord bekend is nie. "Dagjoernaal" sou dan ook inderdaad
baie mooi gewees het, maar die perd is al lankal uit die kamp.)

Samuel

PS: eintlik is 'n 'logboek' (wat, reg of verkeerd, ook algemeen in AF gebruik word,) mos 'n 'dagregister'? ;-)
Groetnis

---------- Forwarded message ---------
From: Ann Hiemstra via <hiemstra.ann=[email protected]>
Date: Fri, 26 Aug 2022, 07:10
Subject: Re: [zalangmed] 'Paper diary' > 'papierdagboek?? 'gedrukte dagboek'
To: <[email protected]>