¿ªÔÆÌåÓý

Gebruik van die akroniem vir Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte > SAHPRA


 

Hallo almal,
Het ek dit reg dat daar nie 'n amptelike akroniem vir 'Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte' (nl. 'SAROGP') is nie, en dat ons? "South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA)" gewoonlik volgens instruksies van die kli?nt as
"Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (South African Health Products Regulatory Authority, SAHPRA)" vertaal?
Het julle dit ook so?
Ek hoor graag gou asb.
Groete

Ann Hiemstra
Taalpraktisyn/Language Practitioner
APVert(SAVI)/APTrans(SATI)
MB.ChB., Dipl Public Health
Stilbaai
Suid-Afrika/South Africa
BST + 1
Tel: +27287543304
Sel/Mobile: +27825794235
?????? Deo Gloria!


 

¿ªÔÆÌåÓý

Hi Ann

?

Ek verstaan wel dat ¡°Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte¡± volgens die staatskoerant is, dus ¡°amptelik¡±. Of ¡¯n afkorting ¡°amptelik¡± is of nie, hang seker ook maar af van die AWS. Andersins staan dit seker enigeen vry om ¡¯n afkorting te skep.

?

Ek het in ¡¯n vroe?r stadium ¡°SAROGP¡± gebruik, maar gesien dat SAPHRA inslag gevind het en dus gebruik ek nou maar die Engelse ackroniem, (soos in SABC, SAA, ens.) Dit klink ook nie asof iemand keelskoonmaak nie.

?

So ek stem saam met jou gebruik.

?

Groete

Charl

From: [email protected] <[email protected]> On Behalf Of Ann Hiemstra
Sent: Wednesday, June 21, 2023 5:27 PM
To: [email protected]
Subject: [zalangmed] Gebruik van die akroniem vir Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte > SAHPRA

?

Hallo almal,

Het ek dit reg dat daar nie 'n amptelike akroniem vir 'Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte' (nl. 'SAROGP') is nie, en dat ons? "South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA)" gewoonlik volgens instruksies van die kli?nt as

"Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (South African Health Products Regulatory Authority, SAHPRA)" vertaal?

Het julle dit ook so?

Ek hoor graag gou asb.

Groete

?

Ann Hiemstra

Taalpraktisyn/Language Practitioner

APVert(SAVI)/APTrans(SATI)

MB.ChB., Dipl Public Health

Stilbaai

Suid-Afrika/South Africa

BST + 1

Tel: +27287543304

Sel/Mobile: +27825794235

?????? Deo Gloria!


 

On 21/06/2023 17:27, Ann Hiemstra wrote:

Het ek dit reg dat daar nie 'n amptelike akroniem vir 'Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte' (nl. 'SAROGP') is nie, en dat ons? "South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA)" gewoonlik volgens instruksies van die kli?nt as
"Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (South African Health Products Regulatory Authority, SAHPRA)" vertaal?

Dit hang van die kli?nt se voorkeure af en van die vertaler se houding.

Persoonlik gebruik ek graag vir Suid-Afrikaanse organisasies 'n Afrikaanse eienaam, maar met die Engelse afkorting, sonder om die afkorting te verklaar. Tensy die Afrikaanse afkorting 'n amptelike afkorting is.

Vir nie-Suid-Afrikaanse organisasies verkies ek om die Engelse naam te gebruik, en/of 'n Afrikaanse beskrywing plus die Engelse naam en die Engelse afkorting. Tensy dit iets is wat in 'n woordeboek voorkom (bv. WGO), of tensy die Afrikaanse volvorm se afkorting dieselfde sou wees as die Engelse afkorting (bv. EMA).

Dus:

- W¨ºreldgesondheidsorganisasie (WGO)
- Europese Medisyneagentskap (EMA)

- Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA)
- Nasionale Gesondheidsnavorsingsetiekraad (NHREC)

- mensnavorsingsetiekkomitee (MNEK)
- mensnavorsingsetiekkomitee (human research ethics committee, HREC)

- VSA se voedsel-en-medisyneburo (Food and Drug Administration, FDA)
- VSA se Food and Drug Administration (FDA)

- die Association of the British Pharmaceutical Industry (ABPI) in die VK
- die vereniging van die Britse farmaseutiese bedryf (Association of the British Pharmaceutical Industry, ABPI)

Maar nie "die Vereniging van die Britse Farmaseutiese Bedryf" nie en ook nie "die VSA se Voedsel-en-medisyneburo" nie.

- VSA se nasionale gesondheidsinstituut-koepelorgaan (National Institutes of Health, NIH)
- VSA se National Institutes of Health (NIH)

- VSA se sentrum (enkelvoud) vir siektebeheer en -voorkoming (Centers for Disease Control and Prevention, CDC)
- VSA se buro vir siektebeheer en -voorkoming (Centers for Disease Control and Prevention, CDC)
- VSA se siektebeheersentrum (Centers for Disease Control and Prevention, CDC)
- VSA se siektebeheerburo (Centers for Disease Control and Prevention, CDC)

- die Britse siektebeheerburo (Public Health England, PHE)

Wanneer die vertaalgeheue of bestaande vertaling "SAROGP" gebruik, dan hou ek aan om "SAROGP" te gebruik.

Samuel